Vlakke van Bestuur
Leerarea: Besigheidstudies Graad 9
Tema: Bestuur
MULTIMEDIA WAT ONS TYDENS DIE LES GAAN GEBRUIK-
- 1. POWERPOINT SKYFIES
- 2. WITBORD (KLASAKTIWITEIT)
- 3. (PLAKKAAT OM NA DIE TYD IN MY KLAS OP TE SIT)
WEB 2.0-
- 1. BLOG EN DIE INTERNET VIR VERDERE INLIGTING RONDOM DIE ONDERWERP
- 2. YOUTUBE VIDEO
YOUTUBE VIDEO: https://www.youtube.com/watch?v=_OBqwhYLEJo
1. INLEIDENDE
FASE
|
||
ONDERWYSERAKTIWITEITE
|
LEERDERAKTIWITEITE
|
|
1.1 Skep konteks
|
Die onderwyser stel
die nuwe onderwerp aan die leerders bekend: Vlakke van bestuur. Die
onderwyser gee ʼn eenvoudige definisie
van bestuur sodat die klas dit kan begryp.
|
Leerders neem nog
nie aktief deel op die stadium nie. Hulle luister net sodat hulle wel later
kan deelneem.
|
1.2Aktualisering van voorkennis
Toets voorkennis
sodat jy kan vasstel wat die leerders reeds weet.
|
Vra die leerders om
hul eie weergawe van die definisie te gee.
|
Die leerders neem
nou aktief deel en sê wat hulle verstaan omtrent bestuur en wat dit als behels.
|
1.3Probleemstelling
Stel ʼn duidelike probleem wat as inleiding sal
dien vir die nuwe inhoud, gewoonlik in die vorm van ʼn vraag.
|
Vra die leerders of
hulle weet wat die verskillende vlakke van bestuur is dit wil sê die Topvlak-, Middelvlak en laervlak. Verduidelik
dit vir hulle.
|
Die leerders sal
waarskynlik verskillende voorbeelde gee.
|
1.4 Media
|
Die Youtube video
word vir die leerders gewys om hul aandag te trek en ʼn beter begrip te hê oor waaroor die les gaan.
|
2. AANBIEDINGSFASE |
||
2.1 Uiteensetting van nuwe inhoud
|
Onderwyseraktiwiteite
|
Leerderaktiwiteite
|
2.1.1 Konsepte en vaardighede: Vlakke van bestuur so ook die
verantwoordelikhede van elke vlak.
|
||
2.1.2 Onderrigstrategie
|
Strategieë wat gebruik word is die demonstrasie deur
die onderwyser aan die begin van die les. Die video wat aan die leerders
gewys word. ʼn Oop bespreking word
oor die nuwe werk gehou. ʼn
Stel Powerpoint skyfies wat oor die les handel word ook vir die leerders
gewys
|
Leerders let op
terwyl die skyfies aan hulle gewys en verduidelik word. Hulle neem ook
mondelings deel.
|
2.1.3 Funksionalisering
|
Die leerders kry ʼn geleentheid om in hul boeke ʼn opsomming te maak oor die nuwe werk in die
vorm van ʼn breinkaart in die
klas. Almal werk saam en bespreek weereens al die kernwoorde wat noodsaaklik
is om in die breinkaart in te sluit.
|
Leerders werk saam
in groepe, maar ook individueel deurdat hul, hul eie breinkaart moet voltooi.
|
2.1.4 Vorm van assesering
|
Onderwysassesering
kom voor in die les waar die onderwyser die leerders asseseer deur hul vermoë te toets om weer te gee wat die leerders as
die belangrikste in die les geag het.
|
|
2.1.5 Media-integrasie in 2.1.3
Media speel ʼn belangrike rol in hierdie fase. Ons sal
gebruik maak van ʼn interaktiewe witbord
asook ʼn powerpoint aanbieding om die leerders die
basiese konsepte van die vlakke van bestuur asook die verantwoordelikhede van
bestuur.
|
3. AFLOOPFASE
|
||
Onderwyseraktiwiteite
|
Leerderaktiwiteite
|
|
3.1 Konsolidering
|
Teen die tyd het
die leerders alreeds die opsomming in die vorm van ʼn breinkaart voltooi. Daar sal egter steeds sommige
leerders wees wat nie alles mooi verstaan nie. Deur die plakkaat aan die
leerders bekend te stel en weer saam deur dit te werk sal dit hierdie
leerders help.
|
Leerders werk saam
en luister mooi.
|
3.2 Tuiswerk
|
Leerders doen ʼn aktiwiteit waar hulle verskeie voorbeelde
in die regte kolomme moet pas.
|
|
3.3 Media-integrasie
Tydens die laaste
fase maak ons gebruik van ʼn
plakkaat wat in die klas opgesit sal word na die tyd wat al die kernwoorde en
basiese konsepte uitlig. Die leerders sal die plakkaat elke dag sien en
namate tyd verloop dit memoriseer.
|
||
3.4 Vorm van assesering
|
Assesering in
hierdie fase is slegs onderwyserassesering. Die onderwyser moet kan sien of
die leerders nou wel die nuwe werk begryp en verstaan. Die onderwyser moet
ook ʼn plan beraam on die leerders te help wat nou
nog nie die huiswerk aktiwiteit verstaan en kan voltooi nie.
|
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking