Saterdag 13 Mei 2017

POWERPOINT SKYFIES:

DIE VOLGENDE SKYFIES SAL TYDENS DIE LES GEBRUIK WORD OM DIE LEERDERS TE HELP SODAT HULLE DIE WERK BETER SAL VERSTAAN.






Vlakke van Bestuur


Vlakke van Bestuur

Leerarea: Besigheidstudies Graad 9
Tema: Bestuur

                    MULTIMEDIA WAT ONS TYDENS DIE LES GAAN GEBRUIK-

  • 1.       POWERPOINT SKYFIES
  • 2.       WITBORD (KLASAKTIWITEIT)
  • 3.       (PLAKKAAT OM NA DIE TYD IN MY KLAS OP TE SIT)

                      WEB 2.0-
  • 1.       BLOG EN DIE INTERNET VIR VERDERE INLIGTING RONDOM DIE ONDERWERP
  • 2.       YOUTUBE VIDEO

YOUTUBE VIDEO: https://www.youtube.com/watch?v=_OBqwhYLEJo

1. INLEIDENDE FASE


ONDERWYSERAKTIWITEITE
LEERDERAKTIWITEITE
1.1 Skep konteks
Die onderwyser stel die nuwe onderwerp aan die leerders bekend: Vlakke van bestuur. Die onderwyser gee ʼn eenvoudige definisie van bestuur sodat die klas dit kan begryp.
Leerders neem nog nie aktief deel op die stadium nie. Hulle luister net sodat hulle wel later kan deelneem.



1.2Aktualisering van voorkennis

Toets voorkennis sodat jy kan vasstel wat die leerders reeds weet.
Vra die leerders om hul eie weergawe van die definisie te gee.
Die leerders neem nou aktief deel en sê wat hulle verstaan omtrent bestuur en wat dit als behels.



1.3Probleemstelling

Stel ʼn duidelike probleem wat as inleiding sal dien vir die nuwe inhoud, gewoonlik in die vorm van ʼn vraag.

Vra die leerders of hulle weet wat die verskillende vlakke van bestuur is dit wil sê die Topvlak-, Middelvlak en laervlak. Verduidelik dit vir hulle.   
Die leerders sal waarskynlik verskillende voorbeelde gee.



1.4 Media
Die Youtube video word vir die leerders gewys om hul aandag te trek en ʼn beter begrip te hê oor waaroor die les gaan.

2. AANBIEDINGSFASE

2.1 Uiteensetting van nuwe inhoud
Onderwyseraktiwiteite
Leerderaktiwiteite
2.1.1 Konsepte en vaardighede: Vlakke van bestuur so ook die verantwoordelikhede van elke vlak.





2.1.2 Onderrigstrategie
Strategieë wat gebruik word is die demonstrasie deur die onderwyser aan die begin van die les. Die video wat aan die leerders gewys word. ʼn Oop bespreking word oor die nuwe werk gehou. ʼn Stel Powerpoint skyfies wat oor die les handel word ook vir die leerders gewys
Leerders let op terwyl die skyfies aan hulle gewys en verduidelik word. Hulle neem ook mondelings deel.



2.1.3 Funksionalisering
Die leerders kry ʼn geleentheid om in hul boeke ʼn opsomming te maak oor die nuwe werk in die vorm van ʼn breinkaart in die klas. Almal werk saam en bespreek weereens al die kernwoorde wat noodsaaklik is om in die breinkaart in te sluit.
Leerders werk saam in groepe, maar ook individueel deurdat hul, hul eie breinkaart moet voltooi.



2.1.4 Vorm van assesering
Onderwysassesering kom voor in die les waar die onderwyser die leerders asseseer deur hul vermoë te toets om weer te gee wat die leerders as die belangrikste in die les geag het.




2.1.5 Media-integrasie in 2.1.3
Media speel ʼn belangrike rol in hierdie fase. Ons sal gebruik maak van ʼn interaktiewe witbord asook ʼn powerpoint aanbieding om die leerders die basiese konsepte van die vlakke van bestuur asook die verantwoordelikhede van bestuur.


3. AFLOOPFASE

Onderwyseraktiwiteite
Leerderaktiwiteite
3.1 Konsolidering
Teen die tyd het die leerders alreeds die opsomming in die vorm van ʼn breinkaart voltooi. Daar sal egter steeds sommige leerders wees wat nie alles mooi verstaan nie. Deur die plakkaat aan die leerders bekend te stel en weer saam deur dit te werk sal dit hierdie leerders help.
Leerders werk saam en luister mooi.



3.2 Tuiswerk

Leerders doen ʼn aktiwiteit waar hulle verskeie voorbeelde in die regte kolomme moet pas.



3.3 Media-integrasie
Tydens die laaste fase maak ons gebruik van ʼn plakkaat wat in die klas opgesit sal word na die tyd wat al die kernwoorde en basiese konsepte uitlig. Die leerders sal die plakkaat elke dag sien en namate tyd verloop dit memoriseer.





3.4 Vorm van assesering
Assesering in hierdie fase is slegs onderwyserassesering. Die onderwyser moet kan sien of die leerders nou wel die nuwe werk begryp en verstaan. Die onderwyser moet ook ʼn plan beraam on die leerders te help wat nou nog nie die huiswerk aktiwiteit verstaan en kan voltooi nie.